ESRA INSTITUUT
GRONDSLAG
Die Heilige Skrif soos bely in die Reformatoriese Belydenisgeskrifte.
MISSIE
Om by te dra tot die reformasie van gesin, kerk en burgerlike owerheid in Suid-Afrika, deur die opvoedende onderwys in en verdediging van die Bybels-Christelike lewensbeskouing op elke terrein van lewe en denke.
AKTIWITEITE
Esra Verslag
'n Akademiese tydskrif wat spesifieke onderwerpe grondig behandel asook verskillende boekresensies aanbied.
Esra Boeke
Dit behels die verkoop van nuwe en tweedehandse boeke, tuisonderrig-materiaal, kassette, video's en CD-ROM's.
Esra Opleiding
Dit geskied deur die aanbieding van seminare en gespreksgroepe, ook in samewerking met ander instansies. Die belangrikste seminaar is die Verbondseminaar wat jaarliks plaasvind.
FINANSIËLE ONDERSTEUNING
Die EI is afhanklik van die inskrywingsgelde en vrywillige donasies van sy ondersteuners.